
English | Afrikaans
Hipnose bied 'n wyse om die mens se verstandelike vermoëns meer effektief aan te wend. Die resultate van hipnose het dit binne en buite die sfeer van formele navorsing as effektief bewys vir die bereiking van verskye en uiteenlopende doelwitte.
Omdat hipnose
die verstand
help fokus op die bereiking van spesifieke doelwitte,
strek die toepassing daarvan so wyd as dit waarvoor die verstand
daagliks deur mense aangewend word.
Hipnose bied nie die
bo-verstandelike nie, juis omdat dit op die persoon se verstand staat
maak om die gestelde doelwitte te bereik.
Van die belangrikste redes waarom hipnose so goed en so vinnig kan werk
sluit in:
1.
Die omseiling van beperkende gelowe (limiting beliefs)
2. Die inspanning van onderbewustelike vermoëns
(unconscious resources)
3. Die BEWUSTELIKE stel van duidelike doelwitte (Clear goals)
1.
Beperkende gelowe (limiting
beliefs) weerhou die mens van bepaalde
optredes, denke, en uitdaginge. Sielkunde bied 'n massa navorsing om
die effek van dit wat mense oor hulle eie vermoëns glo te staaf. Iets
so eenvoudig soos “Ek is skaam”, of “Ek kan nie wiskunde verstaan nie”,
of “mens kan nie pyn afskakel nie” veroorsaak dat so 'n
persoon
se onderbewuste die geloof as direksie, opdrag, of reël
beskou en
uitvoer of navolg.
Hipnose poog nie as doelwit om nuwe gelowe te
installeer nie, maar effektiewe doelbereiking het gewoonlik die gevolg
dat so 'n mens well hulle siening verander. Die nuwe direksie laat die
onderbewuste dan toe om die gestelde doelwitte te realiseer.
Die
vraag is nie wat mens dink mens glo nie, maar wat die onderbewuste as
heersende direksie beskou. Die heersende direksies het gewoonlik 'n
lang geskiedenis wat hulle stewig vestig. Dit is een van die
onderbewuste se vermoëns om heersende gelowe eensklaps te verander...
2.
Onderbewustelike vermoëns is eintelik 'n kunsmatige term
vir dit wat
die verstand kan doen en die mens nog nie goed, of hoegenaamd verstaan
nie. Hoe die mens leer praat, dink, onthou, of pyn afskakel, droom, of
idees kry het tans nie wetenskaplike verklaring nie. Tog het die mens
'n legio verstandelikke vermoëns wat as vanselfsprekend aanvaar word
-die meeste waarvan -streng gesproke, 'onderbewustelik' is.
Voorbeeld:
Die persoon hoef nie bewustelik te dink aan hoe om te praat
nie, omdat die onderbwuste spraak (en taal) bemeester het. Om 'n arm op
te lig om die deur oop te maak verg nie bewustelike denke vir die
manipulasie van spiere nie, die onderbewuste wil net weet wat om te
doen, (maak die deur oop) en doen die res (manipuleer al die spiere om
die direksie uit te voer). Hipnose 'gee rigting' en laat die
verstand die res doen...
3. Die stel van doelwitte
is
'n belangrike aspek, binne en buite die veld van hipnose. Soos genoem
wil die onderbewuste weet wat om te doen, wat om te bereik of tot stand
te bring. Indien 'n duidelike doelwit bestaan, weet die onderbewuste
wat om te doen.
Waar bewustelik gestelde doelwitte nie bestaan
nie, moet die onderbewuste wat ookal beskikbaar is aangaande die
situasie gebruik as riglyn vir optrede. Die meeste mense stel nie
gereeld, of genoeg duidelike doelwitte nie, of laat ander toe om dit
vir hulle te stel (bewustelik of onbewustelik).
Voorbeeld:
self-vertroue: Iemand moet 'n toespraak lewer. Daar is geen
doelwit aangaande hoe die persoon moet voel vir die onderbewuste nie.
Daaroem gebruik die onderbewuste 'wat dit reeds weet'
(Gelowe/direksies) om die situasie te benader: “Jy is 'n skaam kind”
-dankie jufvrou Du Toit; “om voor mense te paat is verskriklik” -dankie
oom Tiens; ens. Die voorbeeld is baie eenvoudig, maar redes soos genoem
was al werklik die oorsaak van angs vir toesprake lewer.
“Jy
is te skaam my kind”, of “Algebra is moeilik”. Die onskuldige sinne kan
geen, of ernstige gevolge hê, en verskillende mense reageer anders
daarop. Een mens sal die sinne as gelowe/direksies vir die lewe aanvaar
(bewustelik of onbewustelik), terwyl 'n ander hulle min of gladnie
daaraan steur nie. Die blote feit dat 'n persoon nie bewus is van die
heersende direksie nie, maak dit soms moeilik om te verstaan waaruit
hulle optrede voortspring.
Met
hipnose kan 'n persoon bewustelik 'n (nuwe) direksie kies, wat die
onderbewuste voortaan sal navolg...
Is
dit werklik so eenvoudig soos dit? Dikwels, maar nie altyd nie. Daarom
word hipnose, veral in probleem gevalle, gebruik in samewerking met
analiese#, of 'n agtergrond studie, en 'n ekologiese impakstudie##
#
Analiese verseker dat mens eerstens duidelikheid oor dit
wat is, en
verander wil word bekom. Die stap is net so belangrik soos duidelike
doelwitstelling. Soms is dit eenvoudig, soms nie, en neem daarom tyd.
## 'n Ekologiese impakstudie, soos die naam aandui, dien om die beoogde verandering te evalueer binne die groter knoteks van die persoon se lewe. Dit maak deel uit van die doelwitstelling, om te verseker dat die nuwe optredes nie ongewensde effekte in ander areas het nie.
Voorbeeld:
Iemand will 3 uur per dag aan studies spandeer. Die persoon
het dalk familie wat daaronder sal ly (familietyd). Die persoon wil
ophou rook, maar dit blyk die enigste tyd waneer sy met haar man
'kwaliteit tyd' spandeer is op die stoep oor 'n sigaret; of rook is
bloot simpotomaties van 'n ander behoefte, wat beteken ophou rook word
byvoorbeeld vervang deur peusel en gewig optel. In die genoemde gevalle
bied die gestelde doelwit een oplossing, maar veroorsaak ander probleme
-en kan daarom NIE as ekologiese oplossing beskou word nie.
Ten slotte:
Hipnose
bied 'n metode wat effektiewe verandering vinning en maklik maak. Die
aanwending daarvan verg egter dat ander faktore in ag geneem word om te
verseker dat die verandering (doelwitte) verstaan word in terme van die
impak wat dit kan hê. Sodoende kan 'n ekologiese oplossing tot stand
gebring word. Dit behoord immers van self-sprekend te wees...
>Have you been hypnotised? - How to undo Hypnosis
>A Trance Primer
>How to Trance